Warning: Uninitialized string offset 0 in /usr/www/users/apktygtxaa/wp-includes/class-wp-styles.php on line 1 Warning: Uninitialized string offset 0 in /usr/www/users/apktygtxaa/wp-includes/class-wp-styles.php on line 1 Warning: Uninitialized string offset 0 in /usr/www/users/apktygtxaa/wp-includes/class-wp-http-streams.php on line 1 Warning: Uninitialized string offset 0 in /usr/www/users/apktygtxaa/wp-includes/class-wp-http-streams.php on line 1 Warning: Uninitialized string offset 0 in /usr/www/users/apktygtxaa/wp-includes/rest-api/endpoints/class-wp-rest-post-types-controller.php on line 1 Warning: Uninitialized string offset 0 in /usr/www/users/apktygtxaa/wp-includes/rest-api/endpoints/class-wp-rest-post-types-controller.php on line 1 Warning: Uninitialized string offset 0 in /usr/www/users/apktygtxaa/wp-includes/blocks/navigation-link.php on line 1 Warning: Uninitialized string offset 0 in /usr/www/users/apktygtxaa/wp-includes/blocks/navigation-link.php on line 1 Bybelstudie – Afrikaanse Protestantse Kerk

Bybelstudie

Bybelstudie

Ons bring u weeklikse Bybelstudie videos. Dit is in ‘n verkorte formaat sodat ons die data gebruik so min as moontlik kan hou.

Leer en Lewe

Les 10 – DIE SAKRAMENTE

https://youtu.be/S-tg2mrOY0M

Saam lees gedeeltes:

Joh. 6:53-63
53 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.54 Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.55 Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank.56 Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.57 Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe.58 Dít is die brood wat uit die hemel neergedaal het — nie soos julle vaders die manna geëet en gesterwe het nie; wie hierdie brood eet, sal tot in ewigheid lewe.59 Hierdie dinge het Hy gesê in die sinagoge toe Hy in Kapérnaüm onderrig gegee het. Baie van Jesus se dissipels verlaat Hom. Belydenis van Petrus. 60 EN baie van sy dissipels het gesê toe hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister?61 En Jesus het in Homself geweet dat sy dissipels hieroor murmureer, en Hy sê vir hulle: Is dit julle tot ‘n aanstoot?62 Hoe dan as julle die Seun van die mens daarheen sien opvaar waar Hy tevore was?63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

Les 9 – DIE HEILSORGE

https://youtu.be/NSQfKoaNA7U

Saam lees gedeeltes:

Rom. 8:26-30
26 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.27 En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.29 Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;30 en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.

Les 8 – DIE VERBOND

https://youtu.be/_MHqBruzsRw

Saam lees gedeeltes:

Gen. 15:1-21
Verbond van God met Abram. 1 NÁ hierdie dinge het die woord van die Here tot Abram gekom in ‘n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ‘n skild en jou loon is baie groot.2 Toe vra Abram: Here Here, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is?3 Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende van my huis my erfgenaam wees.4 Toe kom die woord van die Here tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.5 Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees.6 En hy het in die Here geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.7 Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die Here wat jou uitgelei het uit Ur van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee.8 En hy sê: Here Here, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem?9 En Hy antwoord hom: Neem vir My ‘n driejaaroud vers en ‘n driejaaroud bokooi en ‘n driejaaroud ram en ‘n tortelduif en ‘n jong duif.10 En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie.11 Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag.12 En toe die son wou ondergaan, val daar ‘n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval.13 Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ‘n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vierhonderd jaar lank.14 Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed.15 Maar jý sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word.16 En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie.17 En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar ‘n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur.18 Op dié dag het die Here met Abram ‘n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:19 die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete20en Hetiete en Feresiete en Refaïete21 en Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en Jebusiete.

Les 7 – DIE SONDE

https://youtu.be/w2HuzjM9FC4

Saam lees gedeeltes:

Ps. 51: 1-19
‘n Boetelied van Dawid. 1 VIR die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid,2 toe die profeet Natan na hom gekom het, nadat hy by Bátseba ingegaan het.3 Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid.4 Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde.5 Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my.6 Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.7 Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.8 Kyk, U het ‘n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend.9 Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.10 Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het.11 Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede.12 Skep vir my ‘n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees.13 Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie.14 Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur ‘n gewillige gees.15 Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer.16 Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel.17 Here, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig.18 Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie.19 Die offers van God is ‘n gebroke gees; ‘n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!

Les 6 – DIE VOORSIENIGHEID VAN GOD

https://youtu.be/w4z0SrPn3mU

Saam lees gedeeltes:

Kol.1:1-20
Opskrif en seëngroet. 1 PAULUS, ‘n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, en die broeder Timótheüs,2 aan die heilige en gelowige broeders in Christus wat in Kolosse is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus! Geloof en liefde van die Kolossense. Gebed vir hulle geestelike welsyn. Jesus Christus, Bewerker van ons verlossing, die Beeld van die onsigbare God, Skepper van alles, Hoof van die gemeente. 3 ONS dank die God en Vader van onse Here Jesus Christus altyd as ons vir julle bid,4 omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en julle liefde tot al die heiliges,5 vanweë die hoop wat vir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deur die woord van die waarheid van die evangelie,6 wat julle sowel as die hele wêreld bereik het; en dit dra vrug, net soos onder julle ook, van die dag af dat julle dit gehoor het en die genade van God in waarheid leer ken het;7 soos julle ook geleer het van Épafras, ons geliefde mededienskneg, wat ‘n getroue dienaar van Christus vir julle is,8 wat ook julle liefde in die Gees aan ons te kenne gegee het.9 Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig,10 sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei,11 en met alle krag bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap,12 en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig —13 Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,14 in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.15 Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;16 want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte — alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.17 En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.18 En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.19 Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon20 en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis — ek sê deur Hom — die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.

Les 5 – DIE RAAD VAN GOD

https://youtu.be/iyoKk7hpouE

Saam lees gedeeltes:

Efes. 1:1-23
Opskrif en seëngroet. 1 PAULUS, ‘n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, aan die heiliges wat in Éfese is, en die gelowiges in Christus Jesus:2 Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus! Die seëninge van God in Jesus Christus, Bewerker van ons verlossing en Hoof van die gemeente. 3 GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,4 soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,5 deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil,6 tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.7 In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade,8 wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand,9 deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het,10 om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig —11 in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,12 sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het,13 in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,14 wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.15 Daarom — vandat ek gehoor het van die geloof in die Here Jesus wat onder julle is en die liefde tot al die heiliges —16 hou ek ook nie op om vir julle te dank as ek aan julle in my gebede dink nie,17 dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,18 verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;19 en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte20 wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele,21 bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige.22 En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,23 wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

Les 4 – DIE DRIE EENHEID VAN GOD

https://youtu.be/yn1C2-lMVCs

Saam lees gedeeltes:

Gen. 1
Die skepping. Die werk van die ses dae. Die rus van die sewende dag. 1 IN die begin het God die hemel en die aarde geskape.2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.3 En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.4 Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis;5 en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.6 En God het gesê: Laat daar ‘n uitspansel wees tussen die waters, en laat dit skeiding maak tussen waters en waters.7 God het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is. En dit was so.8 En God het die uitspansel hemel genoem. En dit was aand en dit was môre, die tweede dag.9 En God het gesê: Laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so.10 En God het die droë grond aarde genoem, en die versameling van die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was.11 En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so.12 Die aarde het voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee volgens hulle soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.13 En dit was aand en dit was môre, die derde dag.14En God het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.15 Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so.16 God het toe die twee groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die sterre.17 En God het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die aarde18 en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien God dat dit goed was.19 En dit was aand en dit was môre, die vierde dag.20 En God het gesê: Laat die waters wemel met ‘n gewemel van lewende wesens, en laat die voëls oor die aarde vlieg langs die uitspansel van die hemel.21 En God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg, waar die waters van wemel, volgens hulle soorte; en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.22 En God het hulle geseën en gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die waters in die see, en laat die voëls op die aarde vermeerder.23 En dit was aand en dit was môre, die vyfde dag.24 En God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte. En dit was so.25 En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.28 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.29 Verder het God gesê: Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees.30 Maar aan al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel en al die kruipende diere op die aarde, waarin ‘n lewende siel is, gee Ek al die groen plante as voedsel. En dit was so.31 Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en — dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.
Gen. 2: 1-3
1 SO is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag.2 En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het.3 En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.

Les 3 – OOR GOD

https://youtu.be/16e0aHvZzy0

Saam lees gedeeltes:

Ps. 93
Die Koningstroon bo die volkesee. 1 DIE Here is Koning; Hy is met hoogheid bekleed. Die Here is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.2 Vas staan u troon van ouds af; van ewigheid af is U.3 Die riviere, o Here, het verhef, die riviere het hulle gebruis verhef; die riviere verhef hulle geraas!4 Meer as die gebruis van groot, geweldige waters, van die golwe van die see, is die Here geweldig in die hoogte!5 U getuienisse is baie betroubaar. Heiligheid pas by u huis, Here, tot in lengte van dae!

Les 2 – GOD SE BESONDERE OPENBARING

https://youtu.be/bS6Hudo42jQ

Saam lees gedeeltes:

2 Pet. 1:1-21
Opskrif en seëngroet. 1 SÍMEON Petrus, ‘n dienskneg en apostel van Jesus Christus, aan die wat net so ‘n kosbare geloof as ons verkry het deur die geregtigheid van onse God en Saligmaker, Jesus Christus:Mag genade en vrede vir julle vermeerder word deur die kennis van God en Jesus, onse Here! Vermaning om die Christelike deugde in beoefening te bring. 3 IMMERS, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug,4 waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.5 En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis,6 en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug,7 en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde.8 Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie;9 want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet.10 Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.11 Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.12 Daarom sal ek nie nalaat om julle altyd hieraan te herinner nie, alhoewel julle dit weet en vasstaan in die waarheid wat by julle is.13 En ek beskou dit as reg, so lank as ek in hierdie tentwoning is, om julle deur herinnering op te wek,14 omdat ek weet dat die aflegging van my tentwoning ophande is, soos onse Here Jesus Christus dit ook aan my bekend gemaak het.15 En ek sal my beywer, dat julle ook gedurig ná my heengaan hierdie dinge in gedagtenis kan hou.16 Want ons het nie kunstig verdigte fabels nagevolg toe ons julle die krag en koms van onse Here Jesus Christus bekend gemaak het nie, maar ons was aanskouers van sy majesteit;17 want Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe hierdie stem uit die luisterryke heerlikheid tot Hom gekom het: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.18 En hierdie stem het ons uit die hemel hoor kom toe ons saam met Hom op die heilige berg was.19 En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte;20 terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie;21 want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.

Les 1 – GOD SE ALGEMENE OPENBARING

https://youtu.be/6ayl8iLkMXA

Saam lees gedeeltes:

Ps. 19: 1 – 15
Openbaring in natuur en Skriftuur. 1 VIR die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid.2 Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.3 Die een dag stort vir die ander ‘n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan:4 daar is geen spraak en daar is geen woorde nie — onhoorbaar is hulle stem.5 Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin ‘n tent gemaak;6 en dié is soos ‘n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos ‘n held om die pad te loop.7 Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie.8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.9 Die bevele van die Here is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die Here is suiwer: dit verlig die oë.10 Die vrees van die Here is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die Here is waarheid — tesame is hulle regverdig.11 Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.12 Ook word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot loon.13 Die afdwalinge — wie bemerk hulle? Spreek my vry van die wat verborge is.14 Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding.15 Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o Here, my rots en my verlosser!

Gelykenisse

1 November 2020 – Les 24

https://youtu.be/tm-WsyNDscU

Saam lees gedeeltes:

Luk. 18:9-14
Gelykenis van die Fariseër en die tollenaar. 9 EN Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel.10 Twee manne het na die tempel opgegaan om te bid, die een ‘n Fariseër en die ander ‘n tollenaar.11 En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie — rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie.12 Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry.13 En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig!14 Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan eerder as die eerste een; want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word.

25 Oktober 2020 – Les 23

https://youtu.be/-8yZmJ1Mbsc

Saam lees gedeeltes:

Luk. 18:1-8
Gelykenis van die onregverdige regter. 1 EN Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,2 en gesê: Daar was ‘n regter in ‘n stad wat God nie gevrees en geen mens ontsien het nie.3 En daar was in daardie stad ‘n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê: Doen reg aan my teenoor my teëparty.4 En ‘n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek God ook nie en al ontsien ek geen mens nie,5 tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen, sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie.6 Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê.7 Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?8 Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?

18 Oktober 2020 – Les 22

https://youtu.be/0Op18DcD1n4

Saam lees gedeeltes:

Matt 25: 14-30
Die profetiese rede (vervolg). Gelykenis van die talente.(Lk. 19:11-27.) 14 WANT dit is soos ‘n man wat op reis wou gaan en sy diensknegte roep en aan hulle sy besittings toevertrou.15 En aan die een gee hy vyf talente en aan die ander twee en aan die ander een, aan elkeen na sy vermoë; en hy het dadelik op reis gegaan.16 En die een wat die vyf talente ontvang het, het daarmee gaan werk en vyf ander talente gewin.17 Net so het die een wat die twee ontvang het, self ook twee ander verdien.18 Maar hy wat die een ontvang het, het in die grond gaan grawe en die geld van sy heer weggesteek.19 En ná ‘n lang tyd het die heer van daardie diensknegte gekom en met hulle afgereken.20 En die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring vyf ander talente en sê: Meneer, vyf talente het u aan my toevertrou; hier het ek vyf ander talente daarby verdien.21 En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.22 En die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: Meneer, twee talente het u aan my toevertrou; hier het ek twee ander talente daarby verdien.23 Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.24 En die een wat die een talent ontvang het, kom ook en sê: Meneer, ek het u geken, dat u ‘n harde man is wat maai waar u nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar u nie uitgestrooi het nie;25 omdat ek bang was, het ek gegaan en u talent in die grond weggesteek. Hier het u wat aan u behoort.26 Maar sy heer antwoord en sê vir hom: Jou slegte en luie dienskneg, jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar ek nie uitgestrooi het nie.27 Daarom moes jy my geld by die wisselaars gestort het, en ek sou by my koms wat aan my behoort, met rente ontvang het.28 Neem dan die talent van hom weg en gee dit aan die een wat die tien talente het;29 want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.30 En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande.

11 Oktober 2020 – Les 21

https://youtu.be/sTgu9vjRH6s

Saam lees gedeeltes:

Matt 24: 45-51
Die profetiese rede (vervolg). Gelykenis van die twee diensknegte.(Lk. 12:42-48.) 45 WIE is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee?46 Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind.47 Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.48 Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom —49 en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink,50 dan sal die heer van dié dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie;51 en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot van die geveinsdes maak. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

4 Oktober 2020 – Les 20

https://youtu.be/OspjyoKx1iQ

Saam lees gedeeltes:

Luk 11:5-13
Gelykenis van die onbeskaamde vriend. 5 EN Hy het vir hulle gesê: Wie van julle sal ‘n vriend hê en sal middernag na hom gaan en vir hom sê: Vriend, leen my drie brode,6 want ‘n vriend van my het van ‘n reis by my aangekom, en ek het niks om aan hom voor te sit nie —7 en dié van binnekant sal antwoord en sê: Moenie my lastig val nie; die deur is al gesluit, en my kinders is saam met my al in die bed; ek kan nie opstaan om vir jou te gee nie.8 Ek sê vir julle, al sou hy ook nie opstaan en vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog ter wille van sy onbeskaamdheid opstaan en hom gee soveel as hy nodig het.9 En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.10 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.11 En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom ‘n klip gee; of ook ‘n vis, en hy sal hom in plaas van ‘n vis ‘n slang gee;12 of ook as hy ‘n eier vra, hom ‘n skerpioen gee?13 As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?

27 September 2020 – Les 19

https://youtu.be/LoNDF__1JOA

Saam lees gedeeltes:

Luk 16:19-31
Gelykenis van die onvrugbare vyeboom. 6 EN Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: ‘n Man het ‘n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie.7 Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar?8 Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het.9 As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap.

20 September 2020 – Les 18

https://youtu.be/xt5ZXSIIOCg

Saam lees gedeeltes:

Luk 16:19-31
Gelykenis van die ryk man en Lasarus. 19 EN daar was ‘n ryk man, en hy het purper en fyn linne gedra en elke dag vrolik en weelderig gelewe.20 En daar was ‘n bedelaar met die naam van Lasarus wat vol swere voor sy poort gelê het.21 En hy het verlang om hom te versadig met die krummels wat van die ryk man se tafel val. Ja, selfs die honde het gekom en sy swere gelek.22 En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham.23 En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.24 En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam.25 Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte.26 En by dit alles is daar tussen ons en julle ‘n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie.27 En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur —28 want ek het vyf broers — om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie.29 Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister.30 Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer.31 Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.

13 September 2020 – Les 17

https://youtu.be/OXxrGBbi4Bo

Saam lees gedeeltes:

Luk 15: 25-32
‘n Vader en sy twee seuns. Die oudste 25 En sy oudste seun was in die veld, en terwyl hy al nader na die huis kom, hoor hy musiek en beurtsange.26 En hy roep een van die diensknegte na hom toe en vra wat dit beteken.27 Dié sê toe vir hom: U broer het gekom, en u vader het die vetgemaakte kalf geslag, omdat hy hom gesond teruggekry het.28 En hy het kwaad geword en wou nie binnegaan nie. Sy vader gaan toe uit en smeek hom.29 Maar hy antwoord en sê vir sy vader: Kyk, ek dien u so baie jare en ek het nooit u gebod oortree nie, en vir my het u nooit ‘n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie.30 Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag.31 Toe sê hy vir hom: Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joue.32 Ons moet tog vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword, en hy was verlore en is gevind.

6 September 2020 – Les 16

https://youtu.be/TuOW1ATD178

Saam lees gedeeltes:

Luk 15: 11-24
Gelykenis van die verlore seun. 11 HY het ook gesê: ‘n Man het twee seuns gehad.12 En die jongste van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle verdeel.13 En nie baie dae daarna nie het die jongste seun alles bymekaargemaak en weggereis na ‘n ver land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe.14 En toe hy alles deurgebring het, kom daar ‘n swaar hongersnood in daardie land, en hy het begin gebrek ly.15 Toe het hy hom by een van die burgers van daardie land gaan voeg. En dié het hom in sy veld gestuur om varke op te pas.16 En hy het verlang om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, en niemand het dit aan hom gegee nie.17 Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger!18 Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u,19 en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge.20 En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen.21 En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie.22 Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee ‘n ring vir sy hand en skoene vir sy voete.23 En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees.24 Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word.

30 Augustus 2020 – Les 15

https://youtu.be/aQ3w91n86Bw

Saam lees gedeeltes:

Luk 10: 25-37
Gelykenis van die barmhartige Samaritaan. 25 EN daar het ‘n sekere wetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het deur te sê: Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?26 En Hy antwoord hom: Wat is in die wet geskrywe? Hoe lees jy?27 En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.28 Toe sê Hy vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe.29 Maar hy wou homself regverdig, en sê vir Jesus: En wie is my naaste?30 En Jesus antwoord en sê: ‘n Sekere man het afgegaan van Jerusalem na Jérigo en onder rowers verval, en nadat hulle hom uitgetrek en geslaan het, gaan hulle weg en laat hom half dood lê.31 En bygeval het ‘n priester met daardie pad afgekom, en toe hy hom sien, gaan hy anderkant verby.32 En net so het ook ‘n Leviet by dié plek gekom en hom gesien en anderkant verbygegaan.33 Maar ‘n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel,34 en na hom gegaan, sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi. Hy het hom toe op sy eie pakdier gehelp en hom na ‘n herberg geneem en vir hom gesorg.35 En toe hy die volgende môre weggaan, haal hy twee pennings uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê vir hom: Sorg vir hom, en enige onkoste wat jy nog meer mag hê, sal ek jou betaal as ek terugkom.36 Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het?37 En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so.

23 Augustus 2020 – Les 14

https://youtu.be/Rf2xA_Z1-o8

Saam lees gedeeltes:

Matt. 21: 33-46
Gelykenis van die landbouers.(Mk. 12:1-12; Lk. 20:9-18.) 33 LUISTER na ‘n ander gelykenis: Daar was ‘n sekere huisheer wat ‘n wingerd geplant het; en hy het ‘n heining daarom gesit en ‘n parskuip daarin gegrawe en ‘n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan.34 En toe die vrugtetyd nader kom, stuur hy sy diensknegte na die landbouers om sy vrugte te ontvang.35 Maar die landbouers het sy diensknegte geneem en een geslaan en ‘n ander een doodgemaak en ‘n ander een gestenig.36 Weer het hy ander diensknegte gestuur, meer as die eerstes, en hulle het met dié net so gemaak.37 Oplaas het hy sy seun na hulle gestuur en gesê: Hulle sal my seun ontsien.38 Maar toe die landbouers die seun sien, het hulle onder mekaar gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak en sy erfdeel in besit neem.39 En hulle het hom geneem en buitekant die wingerd uitgewerp en doodgemaak.40 Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers doen?41 Hulle antwoord Hom: Die slegte mense — hy sal hulle ‘n slegte dood laat sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd sal gee.42 Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?43 Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.44 En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel.45 En toe die owerpriesters en die Fariseërs sy gelykenisse hoor, het hulle begryp dat Hy van hulle spreek.46 En hulle het probeer om Hom in hulle mag te kry, maar hulle was bang vir die skare, omdat dié Hom vir ‘n profeet gehou het.

16 Augustus 2020 – Les 13

https://youtu.be/20mEzj8-sh0

Saam lees gedeeltes:

Matt. 20: 1-16
Gelykenis van arbeiders op verskillende ure gehuur. 1 WANT die koninkryk van die hemele is soos ‘n huisheer wat vroeg in die môre uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur.2 En nadat hy met die arbeiders ooreengekom het vir ‘n penning op ‘n dag, stuur hy hulle in sy wingerd.3 En omtrent die derde uur gaan hy uit en sien ander ledig op die mark staan.4 En hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal ek aan julle gee. En hulle het gegaan.5 Weer het hy omtrent die sesde en die negende uur uitgegaan en net dieselfde gedoen.6 En omtrent die elfde uur gaan hy uit en vind ander ledig staan en sê vir hulle: Wat staan julle hier die hele dag ledig?7 Hulle antwoord hom: Omdat niemand ons gehuur het nie. Hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal julle ontvang.8 En toe dit aand geword het, sê die heer van die wingerd vir sy opsigter: Roep die arbeiders en betaal hulle hul loon; en begin van die laastes af tot by die eerstes.9 En die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen ‘n penning ontvang.10 Die eerstes kom toe en dink dat hulle meer sal ontvang, en hulle het ook elkeen ‘n penning ontvang.11 En toe hulle dit ontvang, murmureer hulle by die huisheer12 en sê: Hierdie laastes het een uur gewerk, en u het hulle gelykop behandel met ons wat die las van die dag en die hitte gedra het.13 Maar hy antwoord en sê vir een van hulle: Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir ‘n penning nie?14 Neem dan wat joue is, en gaan heen. Ek wil aan hierdie laaste een gee net soos aan jou.15 Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? Of is jou oog verkeerd, omdat ek goed is?16 So sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste; want baie is geroep, maar min uitverkies.

9 Augustus 2020 – Les 12

https://youtu.be/TKuYwHL-d2Y

Saam lees gedeeltes:

Matt. 25: 31-46
Die profetiese rede (slot). Die ewige lewe en die ewige straf. 31 EN wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit;32 en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei;33 en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit.34 Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.35 Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee;36 Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.37 Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?38 En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?39 En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?40 En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.41 Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.42 Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie.43 Ek was ‘n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie.44 Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of ‘n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie?45 Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.46 En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.

2 Augustus 2020 – Les 11

https://youtu.be/I9lTk2Xoa1Q

Saam lees gedeeltes:

Matt. 25: 1 – 13
Die profetiese rede (vervolg). Gelykenis van die vyf verstandige en die vyf onverstandige maagde. 1 DAN sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.2 En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.3 En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.4 Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.5 En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.6 En middernag was daar ‘n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!7 Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.8 En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.9 Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.10 En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.11 Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, Meneer, maak vir ons oop!12 Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.13 Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.

26 Julie 2020 – Les 10

https://youtu.be/RMhMthBlWIs

Saam lees gedeeltes:

Luk. 12: 13 – 31
Gelykenis van die ryk dwaas. 13 EN een van die skare sê vir Hom: Meester, sê vir my broer dat hy die erfenis met my moet deel.14 Maar Hy antwoord hom: Mens, wie het My as ‘n regter of deler oor julle aangestel?15 En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.16 Toe vertel Hy hulle hierdie gelykenis: ‘n Ryk man se grond het goed gedra.17 En hy het by homself geredeneer en gesê: Wat sal ek doen, want ek het geen plek waar ek my oes kan insamel nie?18 Toe sê hy: Dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter bou, en ek sal daar al my opbrengste en my goed insamel.19 En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik.20 Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s’n sal dit wees?21 So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.

19 Julie 2020 – Les 9

https://youtu.be/fgDjQIfFTRE

Saam lees gedeeltes:

Matt 13: 24-30
Gelykenis van die onkruid.

24 ‘n ANDER gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n man wat goeie saad in sy land gesaai het;25 maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan.26 En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook.27 En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan?28 En hy antwoord hulle: ‘n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaarmaak?29 Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie.30 Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.
Matt 13: 36-43
Verklaring van die gelykenis van die onkruid.

36 NADAT Hy die skare weggestuur het, het Jesus huis toe gegaan; en sy dissipels het na Hom gekom en gesê: Verklaar vir ons die gelykenis van die onkruid in die saailand.37 En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens,38 en die saailand is die wêreld. Die goeie saad — dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose,39 en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.40 Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld:41 die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen,42 en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.43 Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.

12 Julie 2020 – Les 8

https://youtu.be/zYpdZEit1MI

Saam lees gedeeltes:

Luk. 17: 15-24
15 EN toe een van die wat saam aan tafel was, dit hoor, sê hy vir Hom: Salig is hy wat brood eet in die koninkryk van God.16 Maar Hy antwoord hom: ‘n Sekere man het ‘n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi.17 En op die uur van die maaltyd het hy sy dienskneg uitgestuur om vir die genooides te sê: Kom, want alles is nou gereed.18 En hulle het hul almal eenparig begin verontskuldig. Die eerste het vir hom gesê: Ek het ‘n stuk grond gekoop en ek moet noodsaaklik uitgaan om daarna te kyk. Ek vra u, verskoon my tog.19 En ‘n ander een het gesê: Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u, verskoon my tog.20 En ‘n ander een het gesê: Ek het ‘n vrou getrou en daarom kan ek nie kom nie.21 En daardie dienskneg het gekom en dié dinge aan sy heer vertel. Toe het die eienaar van die huis kwaad geword en vir sy dienskneg gesê: Gaan gou uit in die strate en die gangetjies van die stad en bring die armes en verminktes en kreupeles en blindes hier in.22 En die dienskneg het gesê: Meneer, wat u beveel het, is gedoen, en daar is nog plek.23 Toe sê die heer vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word.24 Want ek sê vir julle dat nie een van daardie manne wat genooi is, my maaltyd sal smaak nie.
Matt 22: 1-14
Gelykenis van die bruilof.(Lk. 14:16-24.)

1 EN Jesus het weer deur gelykenisse met hulle begin spreek en gesê:2 Die koninkryk van die hemele is soos ‘n koning wat ‘n bruilof vir sy seun berei het3 en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie.4 Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof.5 Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ‘n ander na sy handelsaak.6 En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak.7 Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek.8 Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie.9 Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof.10 En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword.11 En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ‘n bruilofskleed aan het nie.12 En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.13 Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.14 Want baie is geroep, maar min uitverkies.

5 Julie 2020 – Les 7

https://youtu.be/fjQJSJE0sWc

Saam lees gedeeltes:

Luk. 15: 3-7
3 Toe vertel Hy aan hulle hierdie gelykenis en sê:4 Watter man onder julle wat honderd skape het en een van hulle verloor, laat nie die negen-en-negentig in die woestyn staan en gaan agter die een aan wat verlore is totdat hy dit kry nie?5 En as hy dit kry, sit hy dit met blydskap op sy skouers.6 En as hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: Wees saam met my bly, want ek het my skaap gekry wat verlore was.7 Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor negen-en-negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie.
Matt 18: 12-14
12 Wat dink julle? As iemand honderd skape het en een van hulle verdwaal, sal hy nie die negen-en-negentig laat staan en op die berge die verdwaalde een gaan soek nie?13 En as hy hom kry, voorwaar Ek sê vir julle dat hy blyer is oor hom as oor die negen-en-negentig wat nie verdwaal het nie.14 So is dit nie die wil van julle Vader wat in die hemele is, dat een van hierdie kleintjies verlore gaan nie.

28 Junie 2020 – Les 6

https://youtu.be/qYd7NdgKEwM

Saam lees gedeeltes:

Luk. 17:7-10
7 En wie is daar van julle wat ‘n dienskneg het wat ploeg of vee oppas, en as hy inkom van die veld vir hom sal sê: Kom dadelik hier aan tafel?8 Sal hy nie eerder vir hom sê nie: Maak vir my die aandete klaar en omgord jou en bedien my totdat ek geëet en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink?9 Bedank hy daardie dienskneg, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek glo nie.10 So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.

21 Junie 2020 – Les 5

https://youtu.be/nzFsVPkHFsE

Saam lees gedeeltes:

Matt. 13:44-46
Gelykenis van die verborge skat, van die pêrel en van die visnet. 44 VERDER is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand.45 Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n koopman wat mooi pêrels soek;46 en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit.

14 Junie 2020 – Les 4

https://youtu.be/JKrgbIS1mro

Saam lees gedeeltes:

Matt. 13:31-33
Gelykenisse van die mosterdsaad en van die suurdeeg. 31 ‘n ANDER gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n mosterdsaad wat ‘n man neem en in sy land saai;32 wat wel die kleinste is van al die soorte saad, maar as dit gegroei het, groter is as die groentesoorte en ‘n boom word, sodat die voëls van die hemel kom en nes maak in sy takke.33 ‘n Ander gelykenis het Hy hulle vertel: Die koninkryk van die hemele is soos suurdeeg wat ‘n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.

7 Junie 2020 – Les 3

https://youtu.be/s0gSZkSQlw0

Saam lees gedeeltes:

Luk. 16: 1-9
Gelykenis van die onregverdige bestuurder. 1 EN Hy het ook aan sy dissipels gesê: Daar was ‘n ryk man wat ‘n bestuurder gehad het; en hy is by hom aangeklaag as een wat sy besittings verkwis.2 En hy het hom geroep en vir hom gesê: Wat is dit wat ek van jou hoor? Gee verslag van jou bestuur van sake; want jy sal nie meer bestuurder kan wees nie.3 Toe sê die bestuurder by homself: Wat sal ek doen? Want my heer neem die bestuurderskap van my weg. Spit kan ek nie; om te bedel, skaam ek my.4 Ek weet wat ek sal doen, sodat wanneer ek van die bestuurderskap afgesit is, hulle my in hulle huise kan ontvang.5 Toe roep hy die skuldenaars van sy heer, een vir een, en sê vir die eerste: Hoeveel skuld jy aan my heer?6 En hy antwoord: Honderd vat olie. En hy sê vir hom: Neem jou skuldbewys, gaan sit en skryf gou vyftig.7 Daarna sê hy vir ‘n ander een: En jy, hoeveel skuld jy? En hy antwoord: Honderd mud koring. Toe sê hy vir hom: Neem jou skuldbewys en skryf tagtig.8 En die heer het die onregverdige bestuurder geprys, omdat hy verstandig gehandel het; want die kinders van hierdie wêreld is verstandiger teenoor hulle geslag as die kinders van die lig.9 En Ek sê vir julle: Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon, sodat wanneer julle die lewe verlaat, hulle jul in die ewige tente kan ontvang.

31 Mei 2020 – Les 2

https://youtu.be/p1IPxzZdvGE

Saam lees gedeeltes:

Matt. 21: 28-32
Gelykenis van die twee seuns. 28 MAAR wat dink julle? ‘n Man het twee kinders gehad, en hy gaan na die eerste en sê: Kind, gaan werk vandag in my wingerd.29 En hy antwoord en sê: Ek wil nie; maar later het hy berou gekry en gegaan.30 Toe het hy na die tweede gegaan en vir hom net so gesê; en hy antwoord en sê: Ja, heer. En hy het nie gegaan nie.31 Wie van die twee het die wil van die vader gedoen? Hulle antwoord Hom: Die eerste. Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, die tollenaars en die hoere gaan julle voor in die koninkryk van God.32 Want Johannes het na julle gekom in die weg van geregtigheid, en julle het hom nie geglo nie; maar die tollenaars en die hoere het hom geglo. En julle het dit gesien en tog nie later berou gekry om hom te glo nie.

24 Mei 2020 – Les 1

https://youtu.be/zNF3WcMQjv4

Saam lees gedeeltes:

Matt. 13: 10-16
10 En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse?11 Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.12 Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.13 Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie.14 En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.15 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.16 Maar julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor.